0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (11)
  • R500 - R1,000 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 13 of 13 matches in All Departments

Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Berdine se ma en ouma kom saam tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine, hul dogter en kleindogter wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Sy beland in ’n verhouding waar sy ten spyte van haar professionele rol as dokter tuis onderdanig moet wees en deur haar lewensmaat gemanipuleer word.

Ná jare van sielkundige teistering begin sy besef dat dit nie die soort lewe is waaroor sy gedroom het nie. Haar ma en ouma Bertha sit koppe bymekaar om Berdine terug te lok na die goeie waardes waarmee hulle haar wou opvoed. Die geleentheid kom gouer as wat hulle beplan het. Daar wag nie net vreugdevolle weersiens nie, maar ook verrassings wat haar lewe drasties verander en haar voor moeilike keuses stel.

Berdine is onseker, maar sy kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel – en die eintlike lewe wat ouma Breggie haar gee.

Weskus-Omnibus 1 - Haar Naam is Ragel & Marta (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Weskus-Omnibus 1 - Haar Naam is Ragel & Marta (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Twee gewilde Weskus-romans in een.

Haar naam is Ragel:
Die verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Sy ontmoet ’n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.

Marta:
Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Haar geloof verval in roetinewerk, en sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.

Verbly Julle in die Hoop (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Verbly Julle in die Hoop (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) In Stock

Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede.

Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie.

Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.

Geloof soos 'n Mosterdsaadjie (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Geloof soos 'n Mosterdsaadjie (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome.

Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.

Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het.

Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

Mispa (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Mispa (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R275 R200 Discovery Miles 2 000 Save R75 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.

Die Skuiling (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Skuiling (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R255 R185 Discovery Miles 1 850 Save R70 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Berdine se lewe in Johannesburg is vir goed verby, en die verbintenis met haar familie en vriende wat sy jare lank verwaarloos het, is aan die herstel.

Haar ouma Bertha se nalatenskap van diensbaarheid en naasteliefde staan voorop vir Berdine en haar droom om ’n kliniek op te rig om die armes gratis te bedien gaan nie om eie eer nie. Dit gebeur nie oornag nie en ten spyte van haar nuutgevonde geloof pak die twyfel en mismoedigheid haar beet. Berdine loop ook ’n pad met Tiekie en haar babadogtertjie en sy kuier weer by Bekkie. Sy leer die vernames van die dorp ken wat hul naaste met onselfsugtige liefde dien.

Dieter Daneel is steeds aan die voorpunt van omtrent elke bedrywigheid en met die naamgee-seremonie, toe die skuiling aan Bertha Human opgedra word ter waardering van haar jare lange diens aan die dorp en sy mense, word die wêreld onderstebo gekeer en Berdine weereens voor ’n keuse gestel.

Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita & Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita & Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Twee inspirerende topverkoper-romans in een omnibus

Ter wille van Talita: Die Van den Heevers hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie.

Haar ma se kind​: Dania Pietersen is Dora en Jonnie se susterskind wat by hulle bly. Sy is ’n modelkind en volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie – sy is haar ma se kind.

Die Ompad Terug (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Ompad Terug (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Ná ouma Leen en oupa Koen se dood besef Jessie dat sy en Janine nie langer op die Weskus sal kan oorleef nie. Sy kry werk in Roodepoort en oortuig Janine om saam te gaan met die belofte van ’n nuwe toekoms.

Janine belowe Bennie dat sy eendag na hom toe sal terugkom. Die nuwe omgewing is alles behalwe gemaklik en hulle is finansieel nog slegter af. Janine se egskeiding word op die langebaan geskuif. Hul lewe verander drasties as die meenthuis se geiser ingee, die Oosthuizens langaan intrek en Werner Hougaardt, die eienaar van die meenthuis vir Janine begin ruikers stuur.

’n Dag se uitstappie saam met Werner bring twyfel in haar hart oor Bennie. So ’n ryk man sal beter as Bennie kan sorg. Jessie se ou studentevriend daag op en Werner se ware motiewe word oopgevlek. Friedrich se dogter, Christine, bied aan om Janine se saak pro bono te doen.

Huweliklokkies lui vir Jessie en Friedrich en Bennie daag onverwags op om Janine weereens van sy liefde en trou te verseker.

Onthou My (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Onthou My (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Kan jy jou rug op jou verlede draai, jou foute vergeet en nuut begin? Of leef jy vir die res van jou lewe onder die wolk van verhoudings wat skeefgeloop het en verbintenisse wat jy nie kan verbreek nie? Die gevolge van verkeerde keuses is vernederend en vernietigend. Dit slaan jou tot jy omval. Maar God is ’n God van tweede kanse; Hy help jou op en stuur jou na die plek waar jy eens gelukkig was, na mense wat jou onvoorwaardelik liefhet. Die opvolg op Papierblomme.

Papierblomme (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Papierblomme (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg… Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste  ontdekking van haar lewe maak. 

Haar Naam is Ragel (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Haar Naam is Ragel (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R625 Discovery Miles 6 250 Ships in 10 - 15 working days

Die ontroerende verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk.

Die kunstenares Ragel Naudé is getraumatiseer ná die dood van haar tweejarige seuntjie.Niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en haar man dryf uitmekaar. Ragel besef dat sy iets moet doen. Sy beland op ’n klein dorpie. Hier ontmoet sy ’n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.

Marta (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Marta (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R629 Discovery Miles 6 290 Ships in 10 - 15 working days

Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf 'n diploma in haarkappery en begin 'n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Mettertyd kring haar dienslewering wyer uit: na die ouetehuis in Lambertsbaai en werk by die kerk. Sy en haar Ma het 'n roetine van Bybellees en bid in die aand, maar dis net nog 'n plig en hul gebede steek vas by afgerammelde rympies. Sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie. Eendag word dit alles te veel vir haar - die dag toe haar blinde bewondering vir Deon Swanepoel haar in groot verleentheid bring.

Dit is Marta se verhaal en hoe sy uit 'n web van pligpleging, onderdrukking, skewe waardes en onmoontlike drome bevry word.

Hierdie treffende verhaal van onvervulde drome, leë werke en liefdelose pligplegings wat geen bevrediging bring nie, maar net hartseer en verwyte, wys dat alles omgedraai kan word wanneer mense tyd maak vir Jesus. Deur sy vergifnis en sy liefde te aanvaar, kan jy met dankbaarheid die toekoms tegemoet gaan.

Die Grootste Hiervan is die Liefde (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Grootste Hiervan is die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R290 R215 Discovery Miles 2 150 Save R75 (26%) Pre-order

Esther Wolmarans, die liefde van Andreas se lewe, is ’n deernisvolle, diensvaardige, sagmoedige meisie wat deur omstandighede gedwing word om die rol van versorger en huishoudster te speel. Volgens ou standaarde is sy ’n oujongnooi in wording.

Estie, soos Andreas haar noem, is een van die min mense wat die hart en rede van haar verbitterde vader, Jacob Wolmarans, ken. Sy is die lig in sy lewe. Andreas voel met die eerste aanblik aangetrokke tot haar maar die paartjie moet haar pa se toestemming met moeite verkry om uiteindelik te trou. Sal Estie ná baie trane en groot opofferings haar plek as predikantsvrou kan vind in die gemeente waar die Wolmarans-gesin dikwels die middelpunt van die dorp se skinderstories is?

Andreas worstel ook met ’n ander probleem. Hy sien diskriminasie raak en kritiseer die apartheid wat in die kerk toegepas word, en dit word ook onder die vaandel van die liefde van God in die verhaal uitgebeeld.

In Die grootste hiervan is die liefde ervaar ons God se liefde wat vergestalting vind in Andreas en Estie se huwelik en hul bediening as predikantspaar. Hierdie deernisvolle verhaal fokus op die spesiale liefde tussen man en vrou, tussen Christene onder mekaar en hul naastes.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Alva 5-Piece Roll-Up BBQ/ Braai Tool Set
R389 R346 Discovery Miles 3 460
Xbox One Replacement Case
 (8)
R55 Discovery Miles 550
Fatima Sydow Cooks
Fatima Sydow Paperback  (3)
R420 R361 Discovery Miles 3 610
Butterfly A4 80gsm Paper Pads - Bright…
R36 Discovery Miles 360
- (Subtract)
Ed Sheeran CD R172 R130 Discovery Miles 1 300
Tommee Tippee - Closer to Nature Soother…
R150 R137 Discovery Miles 1 370
Johnson's Baby Oil (125ml)
R40 Discovery Miles 400
MyNotes A5 Rainbow Bands Notebook
Paperback R50 R42 Discovery Miles 420
High Waist Leggings (Black)
R169 Discovery Miles 1 690
Ugreen Cat 6 UTP LAN Flat Cable (Black…
R51 Discovery Miles 510

 

Partners